AON Familieprojekte

AON Hoofdesimposium – Middelvlei- Stellenbosch

Deur AON Blog

Die afgelope Saterdag (29ste Julie) het ons weer ‘n AON Hoofdesimposium gehou te Middelvlei in Stellenbosch.

Die opkoms was ongelooflik met 19 skole en 70 verteenwoordigers teenwoordig.  Onder is die fotos van die geleentheid.

Sprekers tydens hierdie simposium was Daan Potgieter (AON), Jannie van der Westhuizen, Wilna van Rooyen (AON VKO-Spesialis), Chareldine van der Merwe (Vriende van Afrikaans), Rene Arendse, Hanlie Schoeman (MNED Kurrikulum Adviseur).

Onderwerpe waaroor sprekers gepraat het is onder andere: “Kom ons bou uitnemende skole” , “Lê die grondslag reg”, “Maak elke kind lief vir lees”, “Skoolleierskap gedurende uitdagende tye”.