Die AON inspireer onderwysers in die Weskaap
Die AON het die voorreg geniet om tydens ‘n onlangse sessie aangebied deur die Metro-Oos Onderwys Distrik, ‘n motiveringsaanbieding te doen vir prinsipale en bestuurspanne met die tema: Post-Pandemie, kom ons herbelyn met ons universele roeping en passie.
Die sessie het op 22 & 23 Julie 2022 by Kleinvlei Sekondêr in die Weskaap plaasgevind en die gehoor van byna 100 kon na twee dae wegstap met hernude inspirasie, visie en strategie. Die twee dae opleiding is ‘n inisisatief van die Metro-oos Onderwys Distrik en gefasiliteer deur Dr Nadeen Moola van die Research and Development Manager at Pearson Marang Education Trust.
Ons wens ons onderwysers sterkte toe vir die finale twee kwartale!