Wil jy aansluit by AON?

Aansoek om Lidmaatskap

Bly op hoogte van die nuutste verwikkelinge in Afrikaanse onderwys.

i

Doen Aansoek om Lidmaatskap

Lidmaatskap inligting

i

Doen Aansoek om Lidmaatskap

Lidmaatskap inligting

Lidmaatskap: Aansoekvorm

Indien jy meer gemaklik is om ’n aansoekvorm af te laai, volg die skakel, voltooi die vorm en e-pos dit vir ons.
Enige navrae kan gerig word aan Elarda Meyer by die kantoor: +27 76 829 7064, of per e-pos: elarda@aonetwerk.co.za

Versoek dat ons jou skakel

Voltooi die vorm en kies ‘n tyd wat jou pas om terug te skakel in verband met jou aansoek.

Gepaste tyd om te skakel

8 + 14 =

Algemene LidmaatskapInligting

Voordele

  • Toegang tot navorsing, inligting en advies oor onderwysvraagstukke en -oplossings.
  • Ondersteuning en opleiding aan skole ten opsigte van onderwys- en finansieringsmodelle.
  • Toegang tot die AON-markplein met ‘n groot verskeidenheid produkte en dienste vir effektiwiteit en kostebesparings.
  • Opleiding in sagte vaardighede soos emosionele intelligensie, konflikhantering, mediasie, dissipline, strategiese beplanning, leierskap- en bestuursopleiding, die regte van onderwysers en nog meer.
  • Toegang tot aanvullende vakinhoud, e-boeke, die wolkskool, studiegidse, diktate.
  • Ontwikkeling van en voortgesette ondersteuning van onderwyspersoneel en –bestuur.
  • Tegniese hulp ter bevordering en beskerming van skole se belange en regte.
  • Groter effektiwiteit deur vereenvoudigde skoolbestuur, byvoorbeeld gesentraliseerde administrasie, sodat die fokus op die kernbesigheid van akademie kan wees.
  • Ondersteuning vir registrasie van Afrikaanse onafhanklike skole en kleuterskole.
  • Koördinering van uiteenlopende onderwysgerigte dienste, inisiatiewe en modelle.

Lidmaatskap en koste

Dit is GRATIS, maar dit is nie VERNIET nie! Enige indidivu en/of onderwysinstelling wat tot Afrikaans as onderrigtaal en gehalte opvoedende onderwys verbind is, kan lid word.
Aktiewe deelname aan die netwerk se aktiwiteite en ondersteuning van die AON-doelwitte is belangrik. U bydrae tot die netwerk is die terugploeg van kennis en ervaring en die deel van beste praktyke om Afrikaanse onderwys in die geheel te dien. Deur ‘n eenvoudige aansoekvorm te voltooi, kan u vandag nog u skakel in die Afrikaanse onderwysketting verseker!

Navrae

Enige navrae kan gerig word aan Elarda Meyer by die kantoor: +27 76 829 7064, of per e-pos: elarda@aonetwerk.co.za