Web Design
Your content goes here. Edit or remove this text inline.
Logo Design
Your content goes here. Edit or remove this text inline.
Web Development
Your content goes here. Edit or remove this text inline.
White Labeling
Your content goes here. Edit or remove this text inline.
VIEW ALL SERVICES
Die Kompas:
- ‘n Dokument wat agtergrondinligting verskaf oor die ontwikkeling van kinders van drie tot ses jaar oud!
- ‘n Opsomming van die nuutste tendense.
- Inligting oor die dagprogram met die aktiwiteite wat nodig is om die essensiële vaardighede van die afsonderlike ouderdomsgroepe aan te spreek.
- Van die neem van register, roetines, taal, vryspel binne en buite, musiek, liggaamsoefening, skeppende kunste, perseptuele vaardighede, emosionele-, sosiale- en normatiewe ontwikkeling, ontluikende wiskundespeletjies en nog baie ander aspekte word behandel.
- Die ontwikkeling van 21-eeuse vaardighede, bv. kreatiewe denke, probleemoplossing, samewerking, kommunikasie, tegnologie en buigbaarheid is ingesluit.
- Ondersteunende videomateriaal is beskikbaar!
- Kontak die AON om hierdie nuttige, bruikbare en insiggewende dokument gratis te ontvang.
Die AON-Kompas- en Dinamopakket
DIE PAKKET SLUIT DIE VOLGENDE IN:
- Die gedrukte weergawe van die Kompas, Dinamo 3-4 jaar en Dinamo 4-5 jaar af, wat die hele jaar se lesmateriaal vir genoemde groepe insluit.
- Die Kompas is die agtergronddokument, wat inligting vir 3 – 6 jaar insluit, dit sluit dus graad R in.
- Die dagprogram in prentjies uitgebeeld, vorm deel van die program.
- Sommige van die apparaat wat nodig is vir die bewegingsaktiwiteite wat in die Dinamo beskryf word, vorm deel van die pakket.
- Boeke vorm deel van die pakket, storieboeke asook feiteboeke, wat die Dinamo ondersteun.
- 25 plakkate word ingesluit, wat die onderwerpe wat in die Dinamo gebruik word, ondersteun.
- ʼn Geheuestokkie met 25 kort video’s oor die dagprogram word ingesluit.
- ʼn Geheuestokkie met die musiek sonder stem en begeleiding, asook met stem en begeleiding vir al die liedjies wat in die Dinamo gebruik word, word ingesluit.
- Wanneer die pakket afgelewer word, sluit dit ʼn twee ure lange opleidingsessie in, waarvoor onderwysers sertifikate ontvang waarmee hul professionele punte vir SARO kan aanvra.