AON Familieprojekte

Skoolkultuur

Deur AON Blog

INLEIDING

Thomas Peters en Robert Waterman se blitsverkoper, “In search of excellence” (1982), het die belangrikheid van organisasiekultuur aan die breë publiek bekend gestel. Peters en Waterman het aangetoon dat alle suksesvolle ondernemings, (sakeondernemings, skole, universiteite, sportspanne of militêre eenhede) deur ‘n sterk organisasiekultuur gekenmerk word. Hierdie kultuur verleen as’t ware ‘n ekstra dimensie aan die onderneming.
Organisasiekultuur het reeds in die vroeë jare sewentig die aandag van onderwysleiers geniet. Elke skool beskik oor ‘n unieke organisasiekultuur en dit het ‘n kragtige invloed op personeel, leerders en ouers. Dit is daarom vanselfsprekend dat elke personeellid kennis van sy/haar skool se organisasiekultuur moet neem. Die handhawing en uitbou van skoolkultuur is elke onderwyser se verantwoordelikheid.

ENKELE DEFINISIES VAN ORGANISASIEKULTUUR

  • Die eie en unieke kultuur wat deur die betrokkenes by daardie organisasie tot stand gebring is.
  • ‘n Patroon van basiese aannames wat deur ‘n betrokke groep ontwikkel, ontdek of geïnisieer is.
  • ‘n Bepaalde verwagting/verstandhouding (soms ongeskrewe) wat lede van ‘n gemeenskap/ organisasie deel.
  • Die waardes, houdings en atmosfeer van ‘n organisasie.
  • Gedeelde waardes het sterk invloed op die mense in die organisasie en bepaal hoe hulle aantrek, optree en pligte uitvoer

HOE BELANGRIK IS SKOOLKULTUUR

Daar is wye eenstemmigheid dat skoolkultuur ‘n belangrike rol speel en van kardinale belang is vir die sukses van ‘n skool.  Navorsing het onomwonde getoon dat ‘n sterk organisasie-kultuur ‘n essensiële eienskap van ‘n uitnemende organisasie is.  Hoe sterker die organisasie-kultuur hoe minder behoefte is daar vir handleidings, reëls en regulasies (verwys na byvoorbeeld West Point:  Duty, Honour and Country).

Drie redes waarom skoolkultuur belangrik is:

  • Dit is samebindend van aard en lei tot ‘n gevoel van samehorigheid.
  • Dit is rigtinggewend omdat dit optredes ontlok, bekragtig en/of verbied. Dit beïnvloed dus besluitneming deurdat dit die waardevolle, die behoorlike en nastrewenswaardige voorskryf.
  • Dit is gedragsbepalend van aard omdat dit druk op lede uitoefen om te konformeer aan standaarde. Kultuur is dus ‘n onsigbare krag agter die gedrag, besluite en skeppinge van die mens.

Indeed, in few organisations is the influence of the ethos or culture on the product greater than in a school, or its consequences for society more profound.” (Peters & Waterman.)

SIGBARE EN ONSIGBARE ASPEKTE VAN SKOOLKULTUUR

Alle skole verskil intrinsiek van mekaar.  Hierdie verskille word toegeskryf aan die eie en unieke kultuur van elke skool.  Daar bestaan heelwat meningsverskil oor wat die begrip skoolkultuur alles behels, maar daar is eenstemmingheid dat dit sigbare- en onsigbare aspekte behels. 

4.1       ONSIGBARE ASPEKTE

Geloof, opvoedingsfilosofië, ideologie, waardes en norme is die onsigbare aspekte van skoolkultuur en vorm die grondslag vir die sigbare aspekte daarvan.

Die begrip “waardes” verdien spesiale aandag vanweë die deurslaggewende rol wat dit in skoolkultuur speel.  Waardes is ‘n uitvloeisel van ons geloof en kan nie wetenskaplik bewys word nie.

Dit is riglyne vir gedrag en dien as kriteria waarvolgens ons gedrag beoordeel.  Dit bepaal ook die prioriteit wat ons aan aangeleenthede verleen.  Waardes word ook aangeleer deur ervaring en opvoeding en is onderhewig aan verandering.  Ons houding en optredes is meestal ‘n weerspieëling van ons waardes.  Waardes kan verder ook gedefinieër word as dit wat ons glo “behoort te wees”, die ideale toestand.

Dit gaan dus nie soseer oor die intrinsieke of objektiewe waarde van ‘n ding of saak nie, maar oor die subjektiewe waarde wat ons daaraan toeskryf.  Waardes verskil dus van feite, aangesien dit goed of sleg, reg of verkeerd kan wees.  Elke mens beskik voorts oor ‘n hiërargie van waardes.  Sommige is absoluut of ononderhandelbaar, terwyl ander onderhewig is aan omstandighede.

Skoolkultuur weerspieël die waardes en norme wat in ‘n skool geld en vestig uiteindelik tradisies.

Vraag:           

 Wat is ons kernwaardes?

 Word hierdie waardes sigbaar vergestalt? Voorbeelde?

 Hoe weerspieël ons “tradisies” ons waardes? (personeel, leerders en ander)

 4.2  SIGBARE ASPEKTE               

Die aspekte kan onderskei word: 

  • Verbale
  • Visuele (korporatiewe identiteit en riglyne)
  • Gedrag
  • Sigbare aspekte van skoolkultuur stuur baie duidelike boodskappe uit van waaraan ‘n skool of organisasie waarde heg, watter ideale dit nastreef en met watter idees dit erns maak. Elke skool het baie sodanige boodskappe. 

Skoolkultuur weerspieël die waardes en norme wat in ‘n skool geld en vestig uiteindelik tradisies. 

4.2.1    Verbale manifestasie van skoolkultuur 

Hierdie aspek van skoolkultuur verwys na dit wat op skrif gestel is, of wat deur middel van woorde deur lede van die skoolgemeenskap oorgedra word. 

4.2.1.1    Metafore 

Dit is ‘n figuurlike uitdrukking wat op ‘n vergelyking of ooreenkoms berus,die beeld in die plek van die eintlike voorstelling plaas, of die ooreenkoms tussen twee vergeleke voorwerpe suggereer. Deur te vergelyk, te klassifiseer, ens. gee die mens sin aan die wêreld. Die gebruik van metafore is ook een van die kragtigste maniere waardeur waardes bepaal word.

Van die algemeenste metafore wat vir skole gebruik word is:

  • Militêre basis: ‘n skool gekenmerk deur regimentasie, die demp van kreatiwiteit, eenvormigheid en onsensitiwiteit waar die belange van die individu geïgnoreer word.  
  • Gevangenis: ‘n skool gekenmerk deur die nougesette nakoming van reëls, onbuigsaamheid, burokrasie en ‘n hoë mate van dwang. 
  • Fabriek: kenmerkend van hierdie skole is roetine, produksielyn-mentaliteit ten opsigte van onderrig en opvoeding, (eksamen-afrigting ter wille van uitslae). Doelmatigheid in plaas van doeltreffendheid. 
  • Klooster: sterk selfbeheer, rigiede intepretasie van reg en verkeerd en sterk morele ondertone by alle aktiwiteite. 
  • Gelukkige gesin: menslikheid, ondersteuning, sterk beklemtoning van individualiteit en kreatiwiteit, besorgdheid vir die hulpbehoewendes en ‘n sterk klem op interpersoonlike verhoudings. 
  • Laissez-faire: doen-jou-eie-ding-mentaliteit. Afwesigheid van reëls en regulasies, die aanmoediging van kreatiwiteit en ‘n gebrek aan besorgdheid oor doeltreffendheid en doelmatigheid.

 Die belangrikheid van ‘n gepaste metafoor kan nie oorskat word nie.  Wat is u metafoor en hoe duidelik is dit?

      4.2.1.2     Kurrikulum 

Dit behels veel meer as bloot ‘n aantal skoolvakke en leerareas wat op vasgestelde tye onderrig word.  Dit sluit alle formele en informele aktiwiteite in wat die leerlinge gedurende ‘n skooldag beleef.  Wat die volwassene van sy skooldae gaan onthou, gaan nie noodwendig die bemeestering van akademiese kennis wees nie.

Daar is die sogenaamde verborge kurrikulum wat ‘n kragtige uitbouer van skoolkultuur kan wees.  U verborge kurrikulum? 

       4.2.1.3   Taal 

Die taal wat lede van die organisasie gebruik, reflekteer direk of indirek, doelbewus of per abuis, ‘n sekere stel waardes.  Daar bestaan ‘n organisasie- “woordeskat”; ‘n sogenaamde “in” taal wat binne die groep ontwikkel het. 

Enkele voorbeelde?  Hoe reflekteer dit u waardes/kultuur?

       4.2.1.4    Organisatoriese mites en fabels 

Elke volk, groep en organisasie versamel mettertyd ‘n aantal (apokriewe) stories of verhale oor hulself wat gedurig oorvertel word.  Die rede hiervoor is voor die handliggend – daardie waardes wat moeilik verwoord kan word, kan maklik aan die hand van ‘n (apokriewe) storie gekommunikeer word en terselfdetyd word die organisasiekultuur oorgedra. 

In ‘n ondersoek na uitnemende maatskappye is byvoorbeeld bevind dat top maatskappye soos Boeing, McDonald’s, KFC en IBM elk oor ‘n ryke verskeidenheid van staaltjies en mites beskik.  Sonder uitsondering het die grondleggers van hierdie maatskappye mitiese dimensies verkry deur voortdurende oorvertel van Organisasiestories en –mites.  Al die werknemers van Hewlett-Packard weet byvoorbeeld dat hulle soos die grondleggers van die maatskappy veronderstel is om innoverend te wees.  Alle werknemers weet in top-Maatskappye wat van hulle verwag word, omdat daar ‘n stel kernwaardes as riglyne bestaan.

 Op sy eie manier kultiveer elke skool sy eie stories, mites en fabels ten einde sy kultuur te versterk.  Wanneer hierdie stories/mites/fabels met een of ander seremonie gepaard gaan, word dit ‘n kragtige instrument in die versterking van skoolkultuur. 

U skool se voorbeelde? 

      4.2.1.5  Organisasiehelde

Elke skool het sy heldegallery wat deur middel van sages, dit wil sê ‘n oorgelewerde      romantiese verhaal aan die leerders bekend gestel word.  Die helde waarom ‘n sage gebou word, verpersoonlik die waardes, filosofie en ideologie wat die skool wil handhaaf.  Hulle word rolmodelle vir die skool, ‘n toonbeeld van leierskap, dapperheid, bedagsaamheid, diens en ander verdienstelike karaktertrekke.  (Dit is dan ook gebruik om geboue of sportvelde na hierdie helde te vernoem) 

 U skool se voorbeelde?

       4.2.1.6  Organisasiekultuur 

Elke skool skep unieke organisasiestrukture en operasionele prosedure ten einde ‘n bepaalde waardestelsel en opvoedingsfilosofie te laat realiseer. 

 U skool se voorbeelde? 

      4.2.2         Visuele / materiële manifestasie van skoolkultuur 

      4.2.2.1      Fasiliteite en toerusting 

Dit behels geboue en gronde.  Hulle kwaliteit, argitektuur en meublement maak ‘n      onmiddellike en gewoonlik blywendste indruk.  (Trouens, die patroon van hoe bepaalde geboue en fasiliteite oor die terrein versprei is, verklap al klaar iets van  skoolkultuur).  Die vooraansig, ontvangsarea, die kantore en klaskamermeublement straal ‘n belangrike boodskap oor skool(kultuur) uit.  

Fasiliteite en toerusting het ‘n simbiotiese verhouding met mekaar.  Die skool se      hulpbronne, menslik en materieel, reflekteer die prioriteite, waardes en filosofie ten      grondslag van die skool se kurrikulum.  Sommige adverteer hul akademiese prioriteite deur middel van ‘n rekenaarsentrum, ander weer hul voorkeur aan sport deur middel van byvoorbeeld gimnastieksale, gimnasiums, klubhuise. 

Die fisiese voorkoms van die skool word soms ‘n handelsmerk van ‘n tydperk in die skool se geskiedenis en daarna deel van die skool se kulturele bagasie. Die gemeenskap word gewoond om sekere aktiwiteite met die skool te assosieer, veral waar gespesialiseerde aktiwiteite en toerusting ter sprake is.  Fasiliteite is taamlik permanent en veranderings kan duur en langsaam wees.  

       4.2.2.2    Artefakte en memorabilia 

Skoolkultuur is ook waarneembaar uit artefakte en memorabilia soos skooluniforms,       fotoversamelings, erekleurbaadjies, ererolle, sertifikate, trofeekamers ensovoorts.

        4.2.2.3    Wapen en leuse 

Skoolwapens, -leuse, -uniform, -vlag en ander visuele simbole maak die mondering” van die skool uit.  Dit kom meer na vore in die prag en praal van van seremoniële byeenkomste.  Waar dit teenwoordig is, is dit ‘n belangrike hulpmiddel vir die vestiging van ‘n sterk skoolkultuur.

Die skoolwapen is ‘n visuele opsomming van die waardes, filosofie en ideologie van die skool.  Dieselfde geld vir leuses.  Die doel is om die skool se filosofie en waardes in ‘n stelling of leerspreuk vas te vang. 

  • Simboliek van skoolwapen
  • Grade vaandels
  • Oriënteringsprogram??

        4.2.2.4    Skooluniform

Dit verskaf ‘n gevoel van identiteit.  Dis ‘n sigbare uitdrukking van ‘n leerling se affiliasie met ‘n besondere skool en sy tradisies. 

  • Korrekte skooldra /vermenging van skooldrag??
  • Tradisionele spandrag byvoorbeeld eerstespanne oor jare dieselfde
  • Kleure/styl
  • Voorkoms van personeel. Watter boodskap stuur dit uit?

4.2.3   Gedrag as uitbeelding van skoolkultuur

4.2.3.1    Rituele

Baie skoolaktiwiteite is ritueel van aard.  Waar rituele gepaard gaan met hoë ideale en ‘n filosofie van uitnemendheid, is dit ‘n kragtige instrument vir opvoeding en die versterking van skoolkultuur. 

  • Opening/Skriflesing en gebed, afsluiting
  • Saalopening

4.2.3.2    Seremonies

Dit vind plaas om hulde te bring aan persone, spesiale gebeurtenisse te herdenk (hede of verlede) en om ondersteuning vir bepaalde programme te verkry.

Waar rituele gereeld en roetine is, is seremonies ongereeld, spesiaal en op ‘n tyd waar dit die grootste impak het.  Seremonies is openbare vertoon van kultuur.  Hulle is in die strenge sin van die woord nooit toevallig, traak-my -nieagtig of oppervlakkig nie.

Dit is ‘n feit dat alle organisasie ‘n behoefte het aan die formele uitdra van sy kultuur en dat ‘n bietjie prag en praal die impak daarvan versterk.

Daar is baie geleenthede waar die skool se aktiwiteite herdenk en bevorder kan word deur middel van seremonies.

  • Herdenk skool se verjaarsdag
  • Prysuitdeling
  • Meriete-aande
  • Afsluitingsgeleenthede/dinees byvoorbeeld koor

 4.2.3.3    Reëls en regulasies

 Om konsekwentheid in die gedrag van leerlinge te verseker word reëls en regulasies opgestel.  Die ideaal is dat reëls en regulasies as riglyne en nie as voorskrifte vir gedrag beskou moet word.

  • Gedragskode