AON Familieprojekte

Weet se app is nou beskikbaar

Deur AON Blog

Weet, die allerbeste Afrikaanse e-naslaangids op die internet, het onlang hul toepassing (of app) bekendgestel.

Op Weet het jy toegang tot meer as ‘n duisend gehalte artikels in Afrikaans. Behalwe vir volledige inligting, bied elke artikel ook vinnige feite, ‘n inhoudsopgawe om navigasie te vergemaklik, ‘n woordbank wat moeilike woorde verduidelik, gepaste prente, én ekstra leesstof en video’s. Boonop het elke artikel ‘n bronnelys, sodat jy die inligting kan verifieer, en op die tuisblad kan jy elke dag lees wat vandag in die geskiedenis gebeur het.

Met die app bied ons ʼn platform wat nóg makliker en veiliger is vir kinders en nuuskieriges om op rond te snuffel, ʼn virtuele biblioteek wat altyd beskikbaar is. Vir slegs R120 per jaar, of R10 per maand, het jy toegang tot ‘n skatkis van kennis in jou moedertaal!