Met die uitbreek van die Corona-virus en die omkeer van alles wat bekend is, is onderwys sekerlik een van die sektore wat die meeste beïnvloed is. Aanpassing in onderwysmodelle en die onderrig-leerproses verg dat onderwysers, leerders en ouers nuut en “anders” moet dink. Die “nuwe normaal” is hier om te bly. Skrywer het homself gedaag om die “aanlyn leer/e-platform te toets en groot was my skok om na my eie gebreke/onbeholpenheid te kyk. (Veral as gesoute/ervare onderwyser na meer as 30 jaar)
Ek het besef: “Ons is almal beginners”. Die meerderheid van onderwysers, maak nie saak hoeveel jaar ervaring jy het nie, is nou beginners. Ons moet almal “nuut” dink oor aanlyn leer en nuwe strategieë ontwikkel om die onderrig-leerproses suksesvol deur te voer.
Uit my “aanlyn onderrigpoging” het ek die volgende lesse geleer:
Vergeet van gradering/bepunting van leerders, maar gee eerder terugvoer aan leerders, veral op individuele vlak. Maak tyd vir individuele gesprekke. Skep spreekure en dagboek dit. Een tot een leer is steeds die beste, dit kan selfs net `n e-posboodskap os Whattsap wees.
Lei met empatie: Lei nou met deernis en liefde en nie net lesse nie. Stuur persoonlike boodskappe aan elke leerder. Hoor wat is sy/haar grootste uitdagings. Maak persoonlik kontak. Hoor of hy/sy veilig en gesond is, hoe dit in die huis gaan, ensovoorts. Ons kan steeds die kurrikulum volg, maar in die konteks van omgee.
Vermy aanlyn groepsvergaderings. Vir die meeste leerders is dit `n pyniging om vir enkele minute stil te sit in `n klas. Om dit te vererger moet die leerder nou stil sit op `n stoel voor een of ander skerm. Verder het hulle nie noodwendig data of die nodige toestel om aan hierdie vergaderings te kan deelneem nie. Hou gekoördineerde vergaderings – hoogstens een keer per week vir `n kort periode
Een grootte pas almal – hierdie beginsel werk nie! Niemand het die perfekte antwoord nie. Ons bou die vliegtuig soos ons vlieg!
Hou dit eenvoudig! Konsentreer op duidelike kommunikasie. Data is duur, vermy dus lang gesprekke en verduidelikings. Beplan, Beplan en beplan en berei deeglik voor! Dink oor wat jy wil oordra en hou leerders se kognitiewe bandwydte in gedagte. Plaas instruksies/opdragte eenvoudig en duidelik op die platform.
Wees welwillend en tree met grasie op. Erken almal se insette en pogings, hoe gering ook al. Hê begrip vir uitdagings en ondersteun met empatie.
Minder is beter. Leerders word oorlaai en hou nie kop bo water met al die inligting wat ondeurdag op hulle gestort word nie. “Eet ‘n klein bietjie op ‘n slag, vat klein happies en kou fyn”.Leerders moet nou self die hele leerproses sonder noodwendig die stem en direkte leiding van die onderwyser uitpluis.
Werk binne werksure: Dit het nou maklik geword om te dink dat kinders en onderwysers van ligdag tot donkernag onverpoosd moet werk. Almal beleef trauma, in ‘n mindere of meerdere mate, maar moenie onnodig paniek oor skoolwerk skep nie.
Vermy kliniese aanbiedings: Leerders/studente wil aktief betrokke wees, doen, eksperimenteer, ontdek en herhaal. Deur slegs `n voordrag of voorlesing van `n skyfiereeks te doen, kniehalter die onderrig-leer proses.
Vul gate in ons mondering. Baie van ons onderwysers is nie professioneel opgelei vir die aanlyn-leer proses nie, maar verrig uitmuntende werk. DANKIE!!! Deel u kennis met kollegas, leer en eksperimenteer. Moenie bang wees om foute te maak nie.