- Rol: Dit versterk verskeie spiergroepe, asook draaivermoë, bilaterale integrasie en middellynkruising. Laat jou kind op en af teen heuwels en op die grasperk rol – dis veral goeie oefening omdat dit teen weerstand en teen verskillende snelhede gebeur.
- Hinkspel (hopscoth): Dit ontwikkel motoriese beplanning en balansvaardighede aan, asook opeenvolging en rigting.
- Engeltjies in die sneeu: Laat kinders op hul rug lê en eers hul ledemate afsonderlik oplig, dan albei arms gelyktydig, dan albei bene gelyktydig, daarna die arm en been aan die ene kant gelyktydig, dan die arm en been aan die ander kant en laastens die arm aan die een kant en die teenoorgestelde been gelyktydig, asook andersom. Hierdie bewegings ontwikkel veral motoriese beplanning en ruimtelike oriëntasie, asook lateraliteit.
- Hardloopspeletjies soos aan-aan en wedlope: Dit stimuleer spiere wat te doen het met balans, motoriese beplanning en ruimtelike oriëntasie.
- Dans- en klapspeletjies: Voer bewegings uit op die maat van aksieliedjies, soos “Saai die waatlemoen” en ander. Bewegings stimuleer ritme, bilaterale integrasie, middellynkruising en motoriese beplanning.
Apparate soos ‘n springmat, hoepels, toue, boontjiesakkies, kegels, balle, skaatsborde en fietse bied eindelose moontlikhede vir prettige aktiwiteite wat belangrike ontwikkeling teweeg bring.