Uit Wilna se pen

Web Design

Your content goes here. Edit or remove this text inline.

Logo Design

Your content goes here. Edit or remove this text inline.

Web Development

Your content goes here. Edit or remove this text inline.

White Labeling

Your content goes here. Edit or remove this text inline.

VIEW ALL SERVICES 

Vroeëkinderontwikkelingsfase en -kundigheid

Wilna van Rooyen

Wilna van Rooyen, die vroeëkinderontwikkelingspesialis van die Afrikaanse Onderwysnetwerk spog met meer as 40 jaar ondervinding in die onderwys, waarvan 32 as hoof by vooraanstaande skole in Suid-Afrika.

Wilna is ‘n onderwyskundige, vroeëkinderontwikkelingspesialis, gewilde spreker, toegewyde eggenoot, liefdevolle moeder en trotse ouma. Haar passie vir die onderwys, opvoeding en neurowetenskappe dien as basis waarvandaan sy hierdie sektor graag met groot toewyding dien.

Wilna is verbind tot die vroeëkinderontwikkelingsfase en verkry nog steeds inligting by informele navorsing en die nalees van nuwe tendense en metodes in vroeëkinderontwikkeling, onderwys in die algemeen, asook emosionele en sosiale ontwikkeling van kinders.

Wilna se droom vir onderwys in Suid-Afrika is om hoop te gee, kwaliteit onderwys aan te bied en om die jeug toe te rus om die toekoms met briljantheid te bestuur.

Gaan na radio uitsending >

“Om jongmense se breine te ontwikkel maar nie daarmee saam hulle sin vir waardes en deug nie, is om hulle op te voed om intelligente probleme vir die samelewing te word.”  

Theodore Roosevelt

Die waarde van spel

Die waarde van spel

Beste Lesers, Ons het al baie gesels oor spel, maar dié onderwerp kan nooit uitgeput raak nie, aangesien die waarde van speel nooit genoeg beklemtoon of ontgin kan word nie.  Vandag beklemtoon ons graag ‘n paar aspekte van wat die waarde van spel is.Wêreldspeeldag...

Die waarde van spel

Propriosepsie in ’n neutedop

Wat is propriosepsie? Propriosepsie is die liggaam se vermoë om sy posisie, beweging en balans in die ruimte te ervaar sonder om voortdurend na visuele leidrade te kyk. Dit word dikwels beskryf as die liggaam se “sesde sintuig” en is ’n belangrike deel van sensoriese...

Die waarde van spel

Taspersepsie: hoekom en hoe om dit te ondersteun

Wat is taspersepsie?Taspersepsie is die vermoë om sin te maak van dit waaraan jy raak of vat. ‘n Mens se vel maak dit moontlik om te voel of iets warm, koud, grof, glad, sag of hard is.Kinders met ’n ontwikkelde taspersepsie kan ’n voorwerp van een hand na ’n ander...

Die waarde van spel

Enkele gedagtes oor die uitslae van die “2030 Reading Panel”

Die verslag toon etlike kommerwekkende tendense wat lees in Suid-Afrika betref. Om die voorskoolse sisteem ‘n hupstoot te gee, deur miljoene daarin te belê, kan deels ‘n oplossing bied.  Die kruks van die saak is egter dat die voorskoolse program van so ‘n aard moet...

Die waarde van spel

Hoe Spel Kognitiewe Ontwikkeling Ondersteun

Spel is soos asemhaal vir kinders, hul le raak lewendig die oomblik as hul le speel, maar terselfdertyd leer hulle baie meer as wat ons dink!Daar is groot studies wat oor die verband tussen speel en breinontwikkeling gedoen is, maar ons deel hier ‘n paar voordele wat...

Die waarde van spel

Gesinne vind op spesifieke maniere baat by die voorlees van stories

Die voorlees van stories hou spesifieke voordele vir gesinne in Gesinne wat saam lees ervaar minder stres en angs. Hardoplees is 'n kalmerende en ontspanne aktiwiteit wat kan help om stres en angs by kinders te verminder. Saamlees bied 'n gevoel van roetine en troos....

Die waarde van spel

Sesjariges in die skool

Baie skole verwag dat sesjariges vir vyf ure per dag stil moet sit – en dit vyf dae per week! Daar is egter baie goeie redes waarom kinders op hierdie ouderdom gereeld moet rondbeweeg:1. Hulle benodig beweging om te kan fokus.2. Hul natuurlike energie moet...

Die waarde van spel

Die voorlees van stories

Hou die volgende wenke in gedagte : Beide ouers kan ‘n bydrae lewer Pa’s wat voorlees ontwikkel hul kinders se vaardighede op ’n unieke manier. Hul stemtoon, die spelende ondertoon, en die manier waarop hulle lees, maak dit ’n opwindende ervaring — en só ontwikkel...

Die waarde van spel

Faktore wat skoolgereedheid beïnvloed

Om skoolgereed te word is ’n wonderlike en opwindende tydperk in ’n kind se lewe — ’n tyd waarin hulle nog die “wonder” in alles raaksien  Jong kinders beleef die wêreld deur hul sintuie en spiere, en hulle staan in verwondering oor die natuur: ’n blaartjie, ’n...

Die waarde van spel

Skoolgereedheid getoets maar emosioneel nog nie gereed nie?

 Wanneer ’n kind wel skoolgereed getoets het, maar steeds sukkel met die emosionele aspek, is dit belangrik om hom of haar met geduld, begrip en doelgerigte ondersteuning te help. Begin deur ’n veilige en liefdevolle omgewing te skep. Dis belangrik dat die kind weet...

Die waarde van spel

Ritme en Lees

Musiek en taal gebruik dieselfde breinbedrading; daarom help die belewing van ritme in musiek met leesvaardighede Voorskoolse kinders wat ritmies op maat van musiek kan klap, behoort makliker te leer lees. Ritmiese vaardighede is sterk gekoppel aan vroeë taal- en...

Die waarde van spel

Ondersteun Emosionele Intelligensie

Om jou eie emosies te kan bestuur is ‘n belangrike onderafdeling van emosionele intelligensie Ons almal het nodig om emosioneel te reguleer – om rustig te raak wanneer dinge buite beheer is. Maniere waarop ons emosionele regulering in kinders kan ondersteun: Bou...

Die waarde van spel

Moedertaalonderrig bly die beste!

Beste Leser, Hoe heerlik is dit om in jou moedertaal, Afrikaans, met jou kind te kan gesels, die mooi taal met ‘n uitgebreide skat van woorde tot ons beskikking.  Die taal wat nie net vir die afgelope 100 jaar ‘n amptelike taal is nie, maar wat ‘n kerktaal, ‘n...

Die waarde van spel

Kinders leer vaardigehede aan deur te speel

Kinders is van nature nuuskierig. Die nuuskierigheid dryf kinders om te verken  deur te speel. Terwyl hul so verken deur spel, ontdek hulle nuwe dinge en leer hulle. Die kind beleef leer as pret wanneer hul self ontdek en afleidings aak.Kinders is mal daaroor om...

Die waarde van spel

Hoekom Graad R belangrik is

Graad R is belangrik omdat dit die fondament lê vir 'n kind se toekomstige leer en ontwikkeling. Hier is enkele redes waarom dit so belangrik is: Ontwikkeling van basiese vaardighede: Kinders leer belangrike vaardighede soos luister, praat, konsentreer, volg van...

Die waarde van spel

Liggaamsbewustheid bou selfvertroue

Kinders wat vertroue in hul lyfies het, tree met meer selfvertroue op.Wat is liggaamsbewustheid?Liggaamsbewustheid is een van die mees fundamentele vaardighede wat ’n kind kan ontwikkel. Dit behels om liggaamsdele te ken en te weet waar elke deel is, om te weet waar...

Die waarde van spel

Die verband tussen spel en kognitiewe ontwikkeling

Wat is die rol wat spel in kognitiewe ontwikkeling speel?Is dit regtig belangrik vir die ontwikkelingDit lyk soms vir ons of kinders leer as hul by ‘n tafeltjie sit en werk met ‘n pen of potlood en papier – wat ook gebeur – maar die wonder van leer vind plaas wanneer...

Die waarde van spel

Die eerste drie jaar is krities

•  Teen die ouderdom van drie jaar het ’n kind se brein reeds die meeste verbindings gevorm wat leer, gedrag en emosionele regulering beïnvloed.•  Vroeë ervarings speel ’n bepalende rol. Wat ’n jong kind beleef, bou die neurale netwerke (breinpaadjies) wat sy...

Die waarde van spel

Grense is belangrik vir emosionele veiligheid

Kinders wat geen grense beleef nie, voel maklik verlore en angstig Dis verstaanbaar dat kinders daarvan hou om te weet wat van hulle verwag word, want sonder duidelike riglyne sukkel hul senustelsel om uitkomste te voorspel. Dit lei tot onsekerheid, wat spanning...

Die waarde van spel

‘n Paar wyshede oor onderwys aan die einde van die jaar

Goeiedag, Aan die einde van die jaar kan mens terugkyk en in verbasing staan oor al die suksesse, maar soms ook teleurstellings, van die jaar. Suksesse moet gevier word en uit die teleurstellings of uitdagings kan mens baie leer. Ek lees ‘n stuk wat deur Barry DC le...

Die waarde van spel

Die Voordele van Speelgebaseerde Leer

 Speel is nie ‘n beloning nie. Dis deel van hoe kinders hul senu wee stelsel s reguleer – en hierdie regulering maak di e leer proses makliker.)• Drie tot vyf minute se spel is waardevol. Dit mag kort klink, maar dit het dieselfde impak as 50 minute se pogings om...

Die waarde van spel

Lees vir genot is belangrik

Volgens Oxford University Press (Februarie 28, 2023) kan alle suksesvolle volwassenes met begrip lees.  Om te leer lees is ‘n groot taak wat ‘n geweldige hoeveelheid breinkrag en konsentrasie verg. Baie kinders verloor die motivering om te lees, as hul sukkel om te...

Die waarde van spel

Die voordele van fantasie- of verbeeldingspel

Onthou jy toe jy kleintyd jouself vir ure kon besig hou sonder televisie of spoggerige tegnologiese apparate?  Onthou hoe jy kombershuise in die sitkamer gebou het, bokskarre gemaak het en met jou verbeelding die wêreld vol gery het? Mens dink terug en voel dan half...

Die waarde van spel

Die waarde van skeppende-/kunsaktiwiteite

As kinders inkleurboeke en fotostate moet inkleur, ontwikkel baie min vaardighede. Beperk daardie soort aktiwiteite tot die minimum. Alles wat die kind sou wou doen, is reeds gedoen, daar is dus geen uitdaging vir hom/haar nie. Wanneer kinders toegelaat word om hul...

Die waarde van spel

Die sing van liedjies

Die sing van liedjies: Die ritme van die taal word beleef en sosiale vaardighede word aangemoedig, deur saam te sing, slagwerk te doen en dansies uit te voer. Die klap op maat van die liedjie, met verskillende liggaamsdele stimuleer die twee kante van die brein om...

Die waarde van spel

Ouers en Onderwysers van jong kinders

Beste Ouers en Onderwysers van jong kinders, Die onderwyser in die voorskoolse fase speel ‘n baie belangrike rol om die vaardighede wat onder andere vir skoolgereedheid benodig word, te ontwikkel. Hier volg enkele idees vir die aanbied van aktiwiteite in die...

Die waarde van spel

Aktiwiteite wat ouers en onderwysers saam met kinders kan doen

Rol: Dit versterk verskeie spiergroepe, asook draaivermoë, bilaterale integrasie en middellynkruising.  Laat jou kind op en af teen heuwels en op die grasperk rol – dis veral goeie oefening omdat dit teen weerstand en teen verskillende snelhede gebeur. Hinkspel...

Die waarde van spel

Ouerwenke

Ouerwenke: Die waarde van bedagsaamheid en vriendelikheid teenoor ander word bewys deur jou eie lewe.  ‘n Ouer moet vir sy kind die model wees. Verwag van jou kinders dat hulle in die huis behulpsaam en bedagsaam moet wees. Verwag van hulle om verantwoordelik te wees...

Die waarde van spel

Tegnologie en Ontwikkeling – Ouerwenke

Ouerwenke: Die waarde van bedagsaamheid en vriendelikheid teenoor ander word bewys deur jou eie lewe. ‘n Ouer moet vir sy kind die model wees. Verwag van jou kinders dat hulle in die huis behulpsaam en bedagsaam moet wees. Verwag van hulle om verantwoordelik te wees –...

Die waarde van spel

Tegnologie en Ontwikkeling – Karakter

Karakter:   ‘n Goeie karakter is dit wat ons doen as niemand ons sien nie; dit is wat jou betroubaar maak wanneer dit jou eintlik sal baat om ‘n bietjie onbetroubaar te wees. Hoflikheid, saggeaardheid, opregtheid, betroubaarheid, bedagsaamheid en goeie maniere...

Die waarde van spel

Hoe om kreatiwiteit in kinders te ontwikkel

Wat is kreatiwiteit?Kreatiwiteit verwys na kinders se vermoë om hul verbeelding te gebruik, oorspronklike idees te hê, nuwe oplossings uit te dink en met nuwe maniere van doen te eksperimenteer. Dit is die manier waarop kinders reageer op wat hulle ruik, proe, voel,...

Die waarde van spel

Die wonderlike voordele wat voorlees inhou

Om hardop vir kinders te lees is een van die beste dinge wat jy vir hul ontwikkeling kan doen. Dit is nie net lekker nie, maar ook 'n bindende ervaring wat hul geletterdheidsvaardighede, emosionele welstand en liefde vir lees kan uitbou. Studies het getoon dat kinders...

Die waarde van spel

Hoe speel leer vergemaklik

Wanneer leer soos speel voel, word die brein wakker — en dit wat geleer word, word vasgelê Hier volg sewe goeie redes hiervoor: 1. Minder herhalings is nodig Navorsing toon dat kinders slegs 20 herhalings nodig het wanneer hulle deur spel of ervaring leer — in...

Die waarde van spel

Hoe ouers kinders kan help om hul emosies te reguleer

Ouers kan baie doen om hul kinders te help om hul emosies te reguleer. Die eerste twee maniere is om ‘n goeie voorbeeld te stel en ondersteuning te bied. Maar, dis vir baie ouers makliker gesê as gedaan …>>> Modelleer selfregulering en benoem emosies Dis...

Die waarde van spel

Eenvoudige maniere om kinders se geestelike welstand te verbeter

Vier die klein oorwinnings wat kinders behaal – al is dit net om speelgoed reg op te ruim. Luister na wat elke kind te sê het – selfs wanneer hulle met mekaar speel. Moedig kreatiwiteit voortdurend aan – wanneer hulle prente maak én wanneer hulle speel. Leer hulle om...

Die waarde van spel

Die waarde van grootmotoriese aktiwiteite

Die waarde van grootmotoriese aktiwiteite: Groot motoriese vaardighede lê die grondslag van vaardighede wat daarop moet volg, soos lees, skryf en wiskunde. Klein spiere kan nie behoorlik funksioneer as die groot spiere nie genoeg ontwikkel het en hul werk doen nie....

Die waarde van spel

Tegnologie en Ontwikkeling – Verhoed eiegeregtigheid

Verhoed eiegeregtigheid:   Colleen Wilson en Candice Dick, ouerskapskenners van Durban sê:  “Om eiegeregtige kinders groot te maak wat voel die wêreld skuld hulle iets, kan die kinders later benadeel wanneer hulle die werklikheid ervaar en te doen kry met mense wat...

Die waarde van spel

Tegnologie is waardevol indien dit beheer word

Tegnologie is waardevol indien dit beheer word. Ons leef in ʼn era waar tegnologie ʼn groot deel uitmaak van ons daaglikse omgang. Ons laat om verskillende redes toe dat ons kinders televisie, rekenaars, selfone, ensovoorts gebruik – om hulle besig te hou, of om hulle...

Die waarde van spel

Gr. R – bevooordeel of benadeel ons kinders?

Beweging bou Breine Daar is soveel artikels beskikbaar oor die belangrikheid van breinontwikkeling en die belangrike rol wat beweging speel, om verbindings in die brein te stimuleer en te versterk. Die belangrikheid van beweging kan nie oorbeklemtoon word nie. Ons...

Die waarde van spel

Stimuleer Slim

Stimuleer slim: Die brein is dol oor kleur.  Gebruik werklike voorwerpe met mooi kleure om woordeskat uit te brei. Gebruik musiek tydens die leerproses.  Dit stimuleer die vrystelling van endorfiene, die lekkervoel-chemikalië in die brein wat ‘n gunstige uitwerking op...

Die waarde van spel

Die resep vir spraak, lees en skryf

Die resep vir spraak 1: (en latere skryf en lees) Normale gehoor: Mens moet goed kan hoor, om goed te praat! Babas en peuters hoor hulself en ander en verfyn die motoriese plan vir spraak wat hulle uit hul langtermyn-geheue oproep om mee te werk. Interaksie met ouers...

Die waarde van spel

Temporale bewustheid

Temporale bewustheid verwys na ‘n kind se interne bewustheid van die verhouding tussen beweging en tyd. Geskryf namens die AON by Lizette van Huyssteen van die Practica Program Hierdie vaardigheid help kinders om met herhalende patrone te werk sodat hulle kan leer om...

Die waarde van spel

Goeie Selfbeeld

Wenke om ‘n goeie selfbeeld te kweek Maak seker dat die kinders in jou klas hul met selfvertroue uitleef. Dit is ook belangrik vir elke onderwyser om deurlopend aan sy of haar eie selfbeeld te werk.  Werk nou saam met die ouers van die kinders in jou klas, om die...

Die waarde van spel

Kardinaliteit

Een van die vele interessante mylpale op die wiskundepad is dat kinders moet leer om te verstaan wat presies gebeur wanneer ‘n mens voorwerpe aftel. Wanneer kinders tel, verstaan hulle aanvanklik nie hoe die woorde wat hulle sê met hoeveelheid verband hou nie. Geskryf...

Die waarde van spel

Hulp aan Graad R

Aan elke graad R ouer Ons verskaf hiermee ‘n paar idees vir ons graad 0-leerders vir spel tot hul die “grootskool” betree. Ons voorsien ‘n voorbeeld van die lettervorming wat benodig word, wanneer ons maatjies hul name skryf, sodat hul nie leer om hul name op die...