Moedertaalonderrig

Bekendstelling – VKO Handleiding – 21 Februarie 2023

Deur AON Blog

Op Moedertaaldag, wat op 21 Februarie 2023 gevier word, het n geskiedkundige gebeurtenis plaasgevind. Moedertaalonderrig is van groot belang gedurende Vroeëkinderontwikkeling. Om moedertaalonderrig te bevorder, het die AON en Vivlia Uitgewers n handleiding vir ouers en onderwysers ontwikkel. Die handleiding is in Afrikaans,  IsiZulu en Sepedi as harde kopie of in e-boek formaat beskikbaar en is op 21 Februarie 2023 by The Tryst (Sandton) bekendgestel.