Uit Wilna se pen

Die verband tussen spel en kognitiewe ontwikkeling

Deur Wilna van Rooyen

Wat is die rol wat spel in kognitiewe ontwikkeling speel?
Is dit regtig belangrik vir die ontwikkeling

Dit lyk soms vir ons of kinders leer as hul by ‘n tafeltjie sit en werk met ‘n pen of potlood en papier – wat ook gebeur – maar die wonder van leer vind plaas wanneer kinders speel .

Prof. Marike de Witt se boek: “The Young Child in Context: A Psycho – Social Perspective”, word hier aangehaal of geïnterpreteer, om dit wat in dieklas beleef is, te bevestig.

1. Fantasie en werklikheid
Wanneer kinders besig is om te speel, ontdek hulle wat die verskil is tussen verbeelding of fantasie – en die werklikheid.
En, h oe meer kennis en ervaring hul le opdoen, hoe beter ontwikkel hul vermoë om die verskil tussen fantasie en werklikheid te kan raaksien.
Hul kan egter ook vinnig werklike rolle begin vertolk, soos om kamma die tandarts te wees, die kok, die dokter, die werktuigkundige, ens ovoorts. So leer hulle die hele spektrum van vaardighede.

2. Kritiese denke
Hoe meer kinders by hul omgewing betrokke is , hoe beter ontwikkel hul vermoë om krities te dink sodat hulle hul eie mening kan vorm, redeneer en omstandighede kan evalueer.

So leer hulle mettertyd uit ervaring om te onthou, te verstaan , hoe om kennis toe te pas , te analiseer en te evalueer , sowel as om nuut te skep (Bloom se taksonomie).
Hierdie vaardighede kan nie net skielik uit die bloute aangeleer word wanneer ‘n kind laer – of hoërskool toe gaan nie – jare se spel, ervaring en ontdekking is nodig om dit reg te kry. Die verband tussen spel en kognitiewe ontwikkeling

3. Aandagspan
Die maklikste manier om kinders se aandagspan te bou, is om hul le toe te laat om diep by hul spel betrokke te raak .
Verbeeldingspel bied vir kinders die ideale geleentheid om te oefen om mettertyd al langer te konsentreer . Hulle oefen ook om hul aandag te fokus terwyl hul le met b oub lokke bou, legkaart te bou, speletjie s met reëls speel, met water of sand speel, of besig is met die duisende aktiwiteite waaraan kinders deelneem. Hoe langer kinders besig i s en in die oomblik verlore raak , hoe meer word hul aandagspan en deursettingsvermoë gebou

4. Geheue
Kinders se geheue ontwikkel terwyl hulle speel – onder andere hul ouditiewe en visuele geheue – wat baie belangrik is vir lees, skryf en wiskunde.
Hierdie vaardighede ontwikkel in baie situasies, onder andere wanneer kinders met omdraaikaarte (geheue kaarte) werk , pasmaats en ander kaartspeletjies speel, en wanneer hul le rympies leer en op sê, na stories luister, en liedjies aanleer.

5. Beplanning en organisasie
Kinders leer ook om te beplan en om stapsgewys op te tree terwyl hulle met blokke bou en al die bogenoemde aktiwiteite doen . Beplannings vaardighede ontwikkel ook spontaan wanneer kinders teken of verf omdat hulle moet beplan wat en waar om iets op ‘n bladsy te doen.

6. Vroeë Wiskunde en Wetenskap
Kinders leer wiskundige en wetenskaplike konsepte op ‘n natuurlike wyse terwyl hul kos maak, telrympies leer en op sê, met sand en water speel, met blokke speel en deelneem aan die spesiale speel ervarings wat ons vir hulle skep. Daar is soveel geleentheid vir verkenning, ontdekking en eksperimentering as kinders speel!

7. Inisiatief
Kindergeleide spel kan ‘n wonderlike manier wees vir kinders om inisiatief te ontwikkel en te leer hoe om oor hul ervarings beheer te neem.
Kinders wat gelos word om ‘n bietjie verveeld te raak, kry die geleentheid om te leer om hul verbeelding te gebruik.
Hulle leer baie vinnig om vir hulself te dink. Dit is verstommend om te sien watter slim planne hulle met eenvoudige materiaal kan maak om self wonderlike speletjies te skep.
Mag ons kinders toelaat o  spontaan te leer deur waar te neem, te ontdek, te ervaar en hul verbeelding te gebruik – sodat hulle kognitiewe vermoëns werklik optimaal sal kan ontwikkel.

Groete , Wilna van Rooyen