Hou die volgende wenke in gedagte :
Beide ouers kan ‘n bydrae lewer
Pa’s wat voorlees ontwikkel hul kinders se vaardighede op ’n unieke manier.
Hul stemtoon, die spelende ondertoon, en die manier waarop hulle lees, maak dit ’n opwindende ervaring — en só ontwikkel kinders begrip, nuwe woorde en sinskonstruksies .
Ma’s wat voorlees help kinders om te ontspan.
Hul sagter aanslag is kalmerend en straalveiligheid uit — wat kognitiewe ontwikkeling op’n subtiele , maar kragtige manier bevorder.
Konsekwentheid tel
Wat werklik saak maak, is dat ouers gereeld vir hul kinders lees. S elfs net ’n paar minute per dag hou langtermyn voordele in.
Dis ‘n koste – effektiewe gewoonte
Daar is geen behoefte aan duur boeke of apparaat nie. Dis die kwaliteit aandag, die ouer se stem, en die interaksie
Skermtyd kan die storietyd-ervarings wat ‘n ouer met ‘n kind deel nooit vervang nie
Ongeag hoe oud kinders is — daaglikse stories, veral voor slaaptyd, hou net voordele in:
1. Kinders se woordeskat ontwikkel vinniger
2. Hul geheue verbeter
3. Hul emosionele vaardighede ontwikkel
4. Hul le leer om empatie met karakters te hê
5. Hul vermoë om aandag te gee, verbeter
Bogenoemde is maar enkele van die velevoordele.
Groete, Wilna van Rooyen

