- Vier die klein oorwinnings wat kinders behaal – al is dit net om speelgoed reg op te ruim.
- Luister na wat elke kind te sê het – selfs wanneer hulle met mekaar speel.
- Moedig kreatiwiteit voortdurend aan – wanneer hulle prente maak én wanneer hulle speel.
- Leer hulle om dankbaar te wees. Alles is nie vanselfsprekend nie.
- Moedig speeltyd aan. Kinders leer makliker wanneer dit vir hulle voel of hulle speel.
- Leef ‘n voorbeeld uit wat positiewe denke en optrede uitstraal.
- Skep ‘n roetine. Kinders voel veilig as hulle weet wat voorlê en hoe ‘n tipiese dag verloop.
- Leer kinders om diep asem te haal.
- Beperk skermtyd. Te veel skermtyd veroorsaak spanning en lei tot onbehoorlike gedrag.
- Moedig gesonde eetgewoontes aan.
- Skep genoeg tyd vir kinders om te rus of rustig te wees.
- Moedig kinders aan om hul gevoelens en gedagtes te deel.
- Help hulle om genoeg te beweeg – beweging skep nuwe breinpaadjies en help met selfregulering.
- Spandeer tyd in die natuur, ontdek die omgewing, raak in verwondering oor plante, blare, sand, klippe en water.
- Voorsien ‘n veilige ruimte, waar kinders kan kom skuil en net kan “wees”.
- Lees soveel as moontlik stories voor. Blaai saam deur boeke. Wanneer kinders self kan lees, lees saam. Lees hardop vir mekaar.
Groete, Wilna van Rooyen.

