Kinders is van nature nuuskierig. Die nuuskierigheid dryf kinders om te verken deur te speel. Terwyl hul so verken deur spel, ontdek hulle nuwe dinge en leer hulle. Die kind beleef leer as pret wanneer hul self ontdek en afleidings aak.Kinders is mal daaroor om aktiwiteite wat prettig is, te herhaal.
Wanneer kinders prettige leerakatiwiteite herhaal, begin hulle om vaardighede te vestig. ‘n Kind wat nuwe vaardighede vestig, ontwikkel selfvertroue. ‘n Kind met selfvertroue beskik oor genoeg waagmoed om nuwe uitdagings aan te pak.
Groete!
Wilna van Rooyen

