ONS AGT SINTUIE:
Ons het agt sintuie wat vir ons inligting gee oor wat binne ons liggaam en in die wêreld rondom ons aangaan.
Ons voel, hoor, sien, ruik en proe elke dag.
Bykomend gee die vestibulêre sisteem, wat in die binneoor geleë is en die proprioseptiewe sisteem, wat in ons spiere en gewrigte geleë is, vir ons belangrike terugvoering van ons bewegingsisteme.
Die interoseptiewe sisteem is in ons organe, soos die blaas en derms geleë en gee vir ons inligting oor wat binne-in ons liggaam aangaan.
Hierdie inligting word die hele dag by ons sentrale senuweesisteem verwerk, waar die brein balans nastreef.
As die inligting van ons sintuie belangrik is, moet die brein daarop reageer. As dit nie belangrik is nie, moet die brein dit filtreer en kan ons aangaan met komplekse take.