Musiek en taal gebruik dieselfde breinbedrading; daarom help die belewing van ritme in musiek met leesvaardighede
Voorskoolse kinders wat ritmies op maat van musiek kan klap, behoort makliker te leer lees.
Ritmiese vaardighede is sterk gekoppel aan vroeë taal- en leesontwikkeling
Studies toon dat voorskoolse kinders wat ritmies kan klap, tik en beweeg, beter presteer met fonologiese bewustheid en woordherkenning. Dit is omdat ritme en lees onderliggende neurale prosesse deel – insluitend tydsberekening, voorspelling en ouditiewe verwerking.
Kinders met sterker ritmevaardighede geniet ‘n voordeel
Breinopnames toon dat kinders wat in hierdie opsig goed ontwikkel, meer presiese neurale reaksies op spraakklanke het.
Gevolglik is dit vir hulle makliker om woorde in lettergrepe en foneme te verdeel.
Ritmiese aktiwiteite help om kinders voor te berei om gemaklik te leer lees.
Ritmiese vaardighede kan versterk word
In 2024 het navorsers ‘n eksperiment uitgevoer waaraan laerskoolkinders deelgeneem het. Na ses weke het kinders wat aan ritmiese take deelgeneem het, meetbare verbeterings ten opsigte van leesvlotheid getoon – in vergelyking met die kontrolegroep.
Musiek en taal is beide ritmies van aard
Wetenskaplikes beklemtoon hierdie verband omdat lees inherent ritmies is: die brein moet die klank en intonasie van taal sinkroniseer, voorspel hoe klanke na verwagting op mekaar sal volg, en betekenis daaraan heg.
Vaardighede wat tydsberekening verg verbeter wanneer kinders aan ritme- of musiekspeletjies deelneem.
So kry kinders ‘n kognitiewe hupstoot en word lees vir hulle ‘n meer natuurlike ervaring
Groete, Wilna van Rooyen
Lees ook uittreksels uit die volgende artikels:
“How does rhythm help children to read?” deur Prof. Usha Goswami
“How Rhythm Supports Reading” deur Dr. Alistair Bryce-Clegg

