Uit Wilna se pen

Sesjariges in die skool

Deur Wilna van Rooyen

Baie skole verwag dat sesjariges vir vyf ure per dag stil moet sit – en dit vyf dae per week!

Daar is egter baie goeie redes waarom kinders op hierdie ouderdom gereeld moet rondbeweeg:
1. Hulle benodig beweging om te kan fokus.
2. Hul natuurlike energie moet gekanaliseerword.
3. Hul nuuskierigheid floreer wanneer ditgestimuleer word.
4. Hulle raak woelig wanneer hulle te lankmoet sit.

* Dit kan voorkom asof hulle “stout” is, maar dit is in werklikheid ’n natuurlike reaksie op die behoefte aan beweging.

’n Eenvoudige oplossing is om kinders gereeld die geleentheid te gee om te beweeg, sodat hulle weer kan fokus.

Wanneer sesjariges meer gereeld beweeg word hulle opmerklik meer rustig en ontspanne Sesjariges in die skool.

Sesjariges wat daagliks genoeg rondbeweeg kan beter fokus wanneer hulle wel vir kort periodes sit .

Sesjariges wat daagliks genoeg rondbeweeg kan beter fokus wanneer hulle wel vir kort periodes sit.

Drie duidelike voordele staan uit:
1. Dissipline : Wanneer kinders die kans kry om te beweeg, werk ’n mens saam met die behoeftes van die brein en nie daarteen nie. Dissipline word dan sommer kinderspeletjies.
2. Effektiewe leer: Wanneer kinders kan doen terwyl hulle leer, verbeter die leerervaring en leer hulle merkbaar meer effektief.
3. Selfregulering: Gereelde beweging help mkinders om hul energie op ’n natuurlike manier te beheer.

Groete, Wilna van Rooyen