Speelgebaseerde leer al dan nie.
Dale Farran, ‘n navorser by Vanderbilt in die VSA, het ‘n studie geloods wat meer as ‘n dekade geduur het. Die navorsing het 2,990 lae inkomste kinders in Tennessee ingesluit, wat aansoek gedoen het vir gratis, openbare voorskoolse programme. Die kontrole groep kinders se aansoeke was onsuksesvol en was nie toegelaat tot die skole nie.
Beide groepe kinders is dopgehou tot hul sesde graad van onderwys. Aan die einde van hul eerste jaar, het die kinders wat na die preprimêre openbare skole toe gegaan het, volgens verwagting, beter getoets wat skoolgereedheid betref.
Na die derde graad, het hul slegter gevaar as die kontrole groep. Aan die einde van die sesde graad het hul nog slegter gevaar. Hulle het laer toetsresultate gehad en was meer geneig om na spesiale onderwys oorgeplaas te word. Hierdie kinders was ook baie meer geneig om in die moeilikheid te kom, wat uiteindelik skorsing tot gevolg gehad het.
‘n Staatsondersteunde, openbare voorskoolse program, wat deur gekwalifiseerde onderwysers aangebied is en in openbare skole gehuisves is, het ‘n statisties meetbare betekenisvolle negatiewe effek op kinders in hierdie studie gehad.
Farran het aangedui dat gesinne wat dit kan bekostig hul kinders aan speelgebaseerde voorskoolse programme blootstel, waar kuns, beweging, musiek en die natuur ‘n groot rol speel. Oop-einde vrae word aan hierdie kinders gestel en daar word na hulle geluister.
Bogenoemde word nie in die skole van minder gegoede kinders se klasse gesien nie. “Onderwysers praat baie, maar hul luister selde na die kinders.” Alias Farran. Hierdie gerekende navorser meen dit is tyd om ons hele benadering tot voorskoolse onderwys te herdink.
Die AON se program fokus op speelgebaseerde onderwys en lei kinders tot deurlopende suksesvolle prestasie.
Baie dankie.
Wilna van Rooyen.
Lees ook meer in Psychology today oor die navorsing van Peter Gray, Ph.D by Boston College