Uit Wilna se pen

Tegnologie en Ontwikkeling – Karakter

Deur Wilna van Rooyen

Karakter:  

‘n Goeie karakter is dit wat ons doen as niemand ons sien nie; dit is wat jou betroubaar maak wanneer dit jou eintlik sal baat om ‘n bietjie onbetroubaar te wees.

Hoflikheid, saggeaardheid, opregtheid, betroubaarheid, bedagsaamheid en goeie maniere openbaar jou ware karakter.

Geleerdheid kan deur enige persoon bekom word, maar nie karakter of opvoeding nie.  Jy het dit of jy het nie, alias Fritz Eloff.

Om kinders met karakter te kweek, is ons groot taak, mag ons die verantwoordelikheid ernstig opneem.