Uit Wilna se pen

Tegnologie en Ontwikkeling – Ouerwenke

Deur Wilna van Rooyen

Ouerwenke:

  • Die waarde van bedagsaamheid en vriendelikheid teenoor ander word bewys deur jou eie lewe. ‘n

Ouer moet vir sy kind die model wees.

  • Verwag van jou kinders dat hulle in die huis behulpsaam en bedagsaam moet wees.
  • Verwag van hulle om verantwoordelik te wees – selfs baie jong kinders kan skoonmaak waar hulle gemors het.
  • Huistakies en verantwoordelikhede moet vermeerder namate kinders groter word, dit kan al van 18 maande oud af begin.
  • Leer jou kinders dat eenvoudige goeie dade die lewe van ander mense kan verander.
  • Prys jou kind as jy oplet dat hy vir ander omgee.

Bron: Die hart van ‘n wenner…Dr. Pieter van Jaarsveld