Verhoed eiegeregtigheid:
Colleen Wilson en Candice Dick, ouerskapskenners van Durban sê: “Om eiegeregtige kinders groot te maak wat voel die wêreld skuld hulle iets, kan die kinders later benadeel wanneer hulle die werklikheid ervaar en te doen kry met mense wat hulle nié op ‘n troontjie plaas nie.”
Die meeste ouers bedoel nie om ‘n eiegeregtige kind groot te maak nie, maar dit gebeur baie maklik in ons “ekgerigte”kultuur, wat so sterk in die sosiale media posgevat het.
Gereelde dosisse vitamien N: Daar is ‘n gebrek aan die woordjie Nee. Kinders wat te veel hul sin kry, word dikwels kieskeurig en veeleisend. “Hul is nooit tevrede nie.” Ouers moet verstaan dit is oukei om af en toe vir kinders nee te sê; trouens, dis noodsaaklik. En kinders moet weet hulle kan jou nie ompraat nie.” Nikkie Bush—ouerskapkenner.
Vind balans. Kinders hoef nie bederf te word om hul behoeftes te vervul nie. Kinders vra elke dag drie nie-verbale vrae aan hul ouers: Sien jy my? Hoor jy my? Is ek vir jou belangrik? En hulle moet ‘n ja op al drie kry. (Nie goeters nie.)
G is vir gesag: Eiegeregtige kinders sukkel dikwels op skool omdat hulle daaraan gewoond is om vir volwassenes voor te sê wat om te doen. Ons wil kinders grootmaak wat weet hoe om vir hulself op te kom, maar dis ook belangrik hulle respekteer grense en gesag.
Vir selfbeeldontwikkeling en ‘n gebalanseerde lewensuitkyk is dit belangrik dat kinders sal help met huistakies, op ‘n gereelde en konsekwente basis. Dit skep minder geleentheid vir eiegeregtigheid en help ‘n kind om te leer om saam te werk, verantwoordelikheid te aanvaar en deursettingsvermoë.