Uit Wilna se pen

Tegnologie is waardevol indien dit beheer word

Deur Wilna van Rooyen

Tegnologie is waardevol indien dit beheer word.

Ons leef in ʼn era waar tegnologie ʼn groot deel uitmaak van ons daaglikse omgang. Ons laat om verskillende redes toe dat ons kinders televisie, rekenaars, selfone, ensovoorts gebruik – om hulle besig te hou, of om hulle van tegnologie te leer. Ons gebruik ook hierdie skerms vir opvoedkundige redes: hulle kan speletjies speel en programme kyk wat leersaam is. Hierdie is almal goeie redes, maar ons moet ook bewus wees dat te veel tyd voor die televisie baie negatiewe effekte kan hê. Om televisie te kyk voor die ouderdom van twee het ʼn blywende negatiewe invloed op kinders se taalontwikkeling, leesvermoë en korttermyngeheue. Dit dra ook by tot probleme met slaap en aandag.

Die probleem lê nie net in wat peuters doen terwyl hulle televisie kyk nie, maar in wat hulle nie doen nie. Kinders is geprogrammeer om te leer deur beweging en met ander mense interaksie te hê. Wanneer die ouer of kind televisie kyk, kom hierdie interaksie tot stilstand. ʼn Peuter leer baie meer deur panne op die vloer uit te pak terwyl jy kos kook (waar julle gereeld na mekaar kyk of ʼn paar woorde uitruil), as wanneer hy televisie kyk vir dieselfde tydperk.

Om selfs net die televisie in die agtergrond aan te hê, is genoeg om taalontwikkeling te stuit. ʼn Ouer wat gewoonlik ongeveer 940 woorde per uur met sy/haar peuter sou praat, praat dan slegs 770 woorde in dieselfde uur waartydens die kind televisie kyk. Minder woorde beteken minder leer.

Peuters wat te veel televisie kyk, kan moontlik aandagprobleme hê teen die tyd dat hulle sewe jaar oud is.

Kleuters kan meer put uit televisie as peuters. Daar is baie goeie programme beskikbaar waaruit hulle kan leer. Te veel tyd voor die televisie en ander skerms is egter nadelig vir enige ouderdomsgroep. Die Cambridge Universiteit het ’n studie gedoen op 800 14-jariges en het hulle GCSE (Algemene sertifikaat van sekondêre onderrig) uitslae op 16 jaar ontleed. Dié wat ʼn ekstra uur per dag op skerms (tv, rekenaar, speletjies, selfoon) deurgebring het, het ʼn afname in hulle GCSE-uitslae getoon, wat gelykstaande is aan ʼn afname van twee grade. Die gemiddelde 14-jarige spandeer vier ure van hulle vrye tyd voor die tv, rekenaar, of op hulle selfone. Selfs wanneer die studente dan harder studeer, kan hul steeds nie genoegsaam verbeter as hul nie hul skermtyd verminder nie.

Kinders wat meer as twee ure per dag voor die televisie of rekenaar spandeer, staan ʼn 60% groter kans om sielkundige probleme te hê. Nege- en tienjarige meisies toon ʼn negatiewe selfbeeld. Meisies tussen agt en 12 het negatiewe sosiale welstand getoon. Skermtyd word sterk geassosieer met probleme wat kinders met hul geestelike welstand ervaar. Daar is gevind dat vele tieners wat baie tyd op sosiale media spandeer klassieke simptome van depressie kan begin toon.

Dit is vasgestel dat wanneer ʼn vierjarige kind vir nege minute lank na ʼn gewilde, lewendige, opwindende storie kyk, dit onmiddellik sy uitvoeringsfunksie benadeel.

Kinders wat aan elektroniese skermsindroom lei, het tekens getoon van sensoriese oorlading en ʼn gebrek aan restoratiewe slaap. Hierdie kinders is dan impulsief, buierig en kan nie fokus nie.

Rekenaarspeletjies kan hoogs verslawend wees. Speletjies in die virtuele wêreld lei ook tot ʼn vals idee van persoonlike bevoegdheid.

Hoeveel skermtyd is dan toelaatbaar?

Hoe minder, hoe beter. Geen vir kinders onder twee jaar oud. Kinders tussen twee en vyf moenie meer as ʼn uur per dag voor die televisie en rekenaar deurbring nie, en tussen vyf en agtien jaar ʼn maksimum van twee ure. Elke ouer moet self besluit of hierdie riglyne prakties is of te streng voorkom. Dit is egter belangrik dat jy bewus is van hoeveel tyd jou kinders voor die skerms deurbring.

Dit is vasgestel dat wanneer ʼn vierjarige kind vir nege minute lank na ʼn gewilde, lewendige, opwindende storie kyk, dit onmiddellik sy uitvoeringsfunksie benadeel.

Kinders wat aan elektroniese skermsindroom lei, het tekens getoon van sensoriese oorlading en ʼn gebrek aan restoratiewe slaap. Hierdie kinders is dan impulsief, buierig en kan nie fokus nie.

Rekenaarspeletjies kan hoogs verslawend wees. Speletjies in die virtuele wêreld lei ook tot ʼn vals idee van persoonlike bevoegdheid.

Dit is ‘n uitdaging om kinders van skerms af weg te hou, maar daar is soveel heerlike aktiwiteite waarmee hul besig kan wees, wat uitdagend is en kreatiewe denke bevorder.

Sien die AON Kompas vir alternatiewe aktiwiteite, wat kinders nie net besig hou nie, maar daadwerklik tot hul ontwikkeling bydra.

Baie dankie!

Wilna van Rooyen (dele van die skrywe is oorgeneem uit ‘n onbekende bron. Erkenning sal graag gegee word, indien die outeurs ons skakel.)