“Taal is die kragtigste manier om kultuur te bewaar en te ontwikkel en dit regoor die wêreld te bevorder.” – UNESCO
Jou moedertaal is die taal wat jy van voor geboorte af reeds gehoor het. Dit is die taal waarin jy jou eerste woorde geuiter het. Die taal waarin jy jou eerste stories en rympies gehoor het. Die taal waarin jy kuier, sing, huil, lag en liefhet. Dit is die taal wat jou uniek maak en jou identiteit vorm. Dit is jou moedertaal wat jou die vastrapplek gee om die sprong te waag om die onbekende te verken, nuwe konsepte aan te leer … te groei en jou taal en kultuur te laat voortbestaan.
Neem deel
As jy jou moedertaal koester, neem gerus op sosiale media deel aan Afrikaans.com en die Afrikaanse Onderwysnetwerk (AON) se moedertaalreeks. So maak jy:
- Maak ‘n kort video waarin jy vertel hoekom jou moedertaal so belangrik is vir jou en wat dit vir jou beteken.
- Laai dan die video op sosiale media en onthou om die Afrikaaanse Onderwysnetwerk en Afrikaans.com te merk (tag).
- Hiermee die skakels na Afrikaans.com en die Afrikaaanse Onderwysnetwerk se Facebook-platforms:
Daan Potgieter praat oor die belangrikheid van moedertaalonderrig, kyk hier:

