Uit Wilna se pen

Wat is taalontwikkeling?

Deur Wilna van Rooyen

1. Wat is taalontwikkeling?

Taalontwikkeling verwys na die proses waardeur kinders leer om :

• taal te verstaan;
• woorde te gebruik;
• sinne te vorm;
• gedagtes uit te druk;
• emosies te kommunikeer;
• stories te verstaan;
• met aandag te luister;
• te redeneer;
• te lees en te skryf.

Taal bestaan uit verskillende dele:

1.1. Reseptiewe taal
Dit is die taal wat ‘n kind verstaan , byvoorbeeld wanneer ‘n baba reageer op sy naam, ‘n kleuter ‘n eenvoudige opdrag uit voer, en ‘n kind ‘n storie verstaan.

1.2. Ekspressiewe taal
Dit is die taal wat ‘n kind self gebruik , byvoorbeeld brabbeltaal , woorde sê, sinne gebruik, vrae vra, stories vertel, en gedagtes verduidelik.

1.3. Sosiale taal
Kinders moet leer hoe om taal sosiaal te gebruik .
Dit behels :
• om beurte te neem ;
• oogkontak te maak;
• gesprekke te voer;
• gevoelens gepas uit te druk.

Taalontwikkeling is nie iets wat in isolasie gebeur nie – dit is verweef met elke deel van die kind se ontwikkeling

1.4. Geletterdheid
Dit sluit in :
• luister ;
• praat ;
• klankbewustheid ;
• woordeskat ;
• lees ;
• skryf ; en
• begrip om woorde regtig te kan verstaan .

By die Kleuterskool is taalontwikkeling deel van die totale dagprogram . Dis oral betrokke: van die oggendgroet, die
temabespreking, die bekendstelling aan versies, die aanleer van liedjies, die uitvoer van perseptuele aktiwiteite, tydens vryspel binne en buite, storietyd en roetinety e af, tot huis -toe – gaan – tyd.

Taal loop soos ‘n goue draad deur al die aktiwiteite – taal gee betekenis

 

Groete , Wilna van Rooyen